Van Kervel School

A School of Skills

Van Kervel Skool

Skool vir Beroepsopleiding

Van Kervel School

A School of Skills

Van Kervel Skool

Skool vir Beroepsopleiding

Wie is ons?


 

Van Kervel Skool is ‘n skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.  Ons leerders ondervind meestal matig verstandelike agterstande en sukkel in akademiese en abstrakte leerstyle.  Hulle ondervind ook hindernisse in lees, skryf en syfervaardighede. Die werkstempo, -volume en konstante akademiese druk in die hoofstroom kan nie deur hierdie leerders hanteer word nie.  Ons leerders gedy onder konkrete leer en veral leer-deur-doen.  Meeste van ons leerders sal na skool in praktiese beroepsrigtings opgeneem word:  dit is daarom belangrik dat daar meer klem gelê word op, en tyd spandeer word aan vaardigheidsvakke soos motorherstel, duikklop en spuitverfwerk,houtwerk, sweiswerk, instandhouding, voedselproduksie, vroeëkindontwikkeling, kantooradministrasie en haarkappery.

Toelating:

Leerders word deur skoolhoofde, onderwysers, ouers en skoolsielkundiges as deel van ‘n multi-dissiplinêre span geidentifiseer.  Leerders wat weens hul besondere behoeftes  geen vordering toon  nie, kan vanuit hoofstroom hoërskole of laerskole verwys word.  Kriteria vir toelating is soos volg:

  • Leerders moet tussen 14 en 16 jaar wees;
  • Hulle moet in Graad 7 wees en ten minste op ‘n Graad 5-vlak in lees, skryf en wiskunde funksioneer;
  • In uitsonderlike gevalle, sal Graad 6 leerders wat op ‘n Graad 4 vlak funksioneer, oorweeg word.

Die aansoekproses word deur die skoolvoorligter of –sielkundige behartig en aansoeke moet teen Augustus van die vorige jaar ingehandig word. Aansoekvorms kan by die leerder se huidige skool of by die Onderwysdistrikskantoor aangevra word.  Die leerder word deur die skoolsielkundige, met die nodige toestemming van die ouers, geassesseer en ‘n aanbeveling word aan ‘n multi-dissiplinêre span gemaak.  Alle oorplasings vanuit hoofstroomonderwys na spesiale onderwys moet deur die WKOD goedgekeur word.


 Ons Borge:

Johann Smit Logo

February 2018
MTWTFSS
1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728

School:

Tel.: 044 8742042
Tel.: 044 8742043
Fax: 044 8736213
vankervelschool@gmail.com

© 2018 Web2PC. All Rights Reserved. Designed By Web2PC SA www.web2pc.co.za Cell: (081) 414 8982
UA-107908673-1
Joomla Extensions